Ek hou nie baie van myself nie

Dit is woorde wat ek nogals die laaste tyd bietjie deel van my dink gemaak het.

So baie stupid goed het gebeur en so baie goeie goed. En op die oomblik voel dit of die Stupid goed meer is as die goeie goed.

Wat ‘n deurmekaar onderstebo 2023 jaar. 
Goeie ding was my ouers het Maart af getrek Kaap toe om by ons te kom bly sodat ons nou mooi vir hulle kan sorg.

Slegte ding is my Moeder is 27 November 2023 oorlede
Dit het heeltemal te vinnig gekom en was glad nie verwag nie. Inteendeel het ek regtig gedink ek gaan eerder my Pa voor my Ma moet begrawe.

Nou is ons op survival mode. Ons oorleef elke dag met hartseer in ons harte wat ons nie salf voor het nie. Ek mis my Moeder- Ma-Vriendin so baie. En dit voel nog so onwerklik.

Ek sit in ‘n werk wat vir my baie moeilik is. Ek het besluit om boundaries in plek te stel laas jaar en die werk het heeltemal dit ge-overstep. En mits my Moeder se verhuising na ons Hemelse woning het ek bedank.

Nou moet ek werk soek. En my moed vir soek is bietjie moeg. En ek voel so bietjie van my wentelbaan af gegooi.

Hoe sê jy totsiens en gaan net aan met jou lewe.
Dis vang my om te besef dat ek net moet aangaan. Die lewe gaan net flippen aan.

My Niggie vra my wat is my doel en visie vir 2024 en ek sê vir haar niks. Want ek het niks op die oomblik nie.
Ek weet nie wat hierdie jaar vir my gaan bring nie.
En so het ek ook nie geweet wat laasjaar vir ons gaan bring nie.

Dis ‘n deurmekaar onderstebo heen en weer tyd.

So op die oomblik hou ek nie baie van myself nie. Ek wil nie eers in die spieel kyk nie.
Want die gesig wat terug staar is vreemd.

This too shall pass they say…. Eendag


Lewer kommentaar