Ek onthou

So lê Ek wakker 02:16 en Ek onthou van n blog lank vergete. Soveel veranderings en nuwe dinge in my lewe van Ek laas Hier geblog het. Soveel challenges Wat my lewens pad op n ander wentelbaan Kom gooi het. Nuwe hartsmense ontmoet wat my weer laat voel Ek belong. Dan is daar drome wat…

Gedagtes ©

Rontom talie malle meule gedagtes wat wip plank ry Trane loop soos watervalle ‘n hoop verpletter verbreuk Vreugde val oor vernielde takke Gekoek verbaas geskoei gedagtes spring soos benoude kraaie As die Wip sy voet vermink Alleen sonder klanke loop die Koggelmander en lag Die pyle in sy oe Deurboor die mooiste hart se prag

Verwarde poeding©

Suikerklontjie soete boontjieSo ginnegaap die aapSoet patats klou aan my jasEn die Kat sit en slaap Komkommer stokkies vrugte blokkiesPapawer in die kotTaai tamaletjie‘n opgemaakte bedjieDie Presikant sit en sug Te veel krulle te min lyneVerwarde poeding gebakVingers verf oor wortel skilleDie Kool sit vas geplak Duidelik ja duidelikKan ek nie kook nie

Hoe doen ek dit?

04:15 en ek lê nog steeds wakker. My kop loop ‘n pad vol draai en klippe. En ek stress!!!!!!! Ek kan nie vir jul verduidelik hoe op geknoop is my derms nie. Net-nou moet ek saam my Tiener-man-kind by ‘n hof gaan sit sodat hy kan getuig teen die 2 man’s wat hom laasjaar geroof…

Ek kan maar…

Die oomblik toe ek myself kry waar ek met my kop op my arms lê, moedeloos, my wind uit my seile, opgee ‘n moontlikheid besef ek, ja besef ek ek kan net soveel en nie meer nie. Ek is net ‘n mens. Ek het bloed wat deur my are pomp so ‘no special powers’. Ek…

En ek kan nie sit nie.

Dis 02:20 en ek slaap in die sitkamer op die bank. Die ene wat so mooi colourfull is. Nie omdat ek wil nie maar omdat daar twee skoppende bokkies in my bed lê. Ek en Manlief is volgende maand 22 jaar getroud en hy slaap in ‘n bed vol Beertjies en mermaids…. Nie omdat hy…

Skud my wakker

Nee flippen nonsens…..ek moet bykom. Vir wat gaan staat ek en sulk tot in ‘n ellendige hopie in. Ek Gaan sit op ou Job se hopie en verlustig my in die donker jas wat ek oor my skouers gehang het. Nee oeh eh eh . Ek moet bykom> Hierdie blog kan in sy Lewe nie…

Ek weet nie©

Hoe stop ek my gedagtesHoe kry ek my dink stilHoe Los ek vrae onbeantwoordMaak die antwoord rerig ‘n verskil? Is daar ooit n veranderingWord mens ooit totaal vervulHoe kry jy satisfaksieOf bly jou soeke stil Maak die antwoord dit regVerander dit jou rigtingBaan dit jou kronkel wegOf is dit net’ n verpligting EkJa Ek…Weet nie

Die Lig van my Heer©

Ek raak sommer nostalgies die tyd van die jaar. En dan begin die pen dans…. Stilte daal neer oor die veld die skape weet iets heiligs gaan gebeur. My hartklop dawer in my ore Tot die krieke verstil hul stem. ‘n Kalmte daal neer oor die land Ek hou my asem op want ek voel,…

Lig©

Liggies flikker aan die boom Opgewonde sit kinders en droom Rooi, blou geel en groen Die beste tyd van die seisoen. Almal lag daar is lig in hul oe. Mense sit nie op hopies bewoë Trane rol van blydskap en geluk. Hierdie jaar gaan ons vrede pluk. Want vir ons is daar ‘n Heer gegee…

Kramp se @$%&#

Kyk ek het ‘n helse probleem met lifts en hoë geboue.  Ek like dit ook net mooi niks om onder ‘n brug te stop nie.  Wat as daar ‘n aardbewing kom en daai moese groot beton blok besluit om van my ‘n gesquasde eier te maak, Ek het glad nie hoogte vrees nie maar net…

Mens raak stupid

Daar kom ‘n tyd in ‘n mens se lewe wat jy stupid raak soos in met really seriously stupid. En dan doen jy dinge wat totaal en al buite jou karakter is wat jou vir jare daarna haunt soos die abandoned Hospitaal in Kempton Park. Jy kom op ‘n plek in jou lewe wat jy…

Verwonder ©

Met saamgepersde lippeverkleur my wange met reënboog traneen die melodie vorm druppels in die grond My tone trap versigtigop die kleiblad van vergifnisen my hande vee die stof van seerkry af Klein vernoude plooie verkreukel deur my mond se glimlagVerimpelde ou wange vol genade wat wag Bruin hare verouderMaar die grysheid bly ‘n wonderGeseënde jareSoos…

Verganklikheid ©

In die diepte van my wese omvou met die vlees van my hart wonder ek oor die verganklikheid van die straat kind se smart Koue kloue verinneweer my dink Ek voel die bibber in my are sy voete kry koud hy is jonk maar hy is oud Verstaan dit kan ek nie dink dit wil…

EK het my smile verloor

Moenie my verkeerd verstaan nie… dis nie dat ek nie gelukkig is nie. Dit gaan eintlik baie goed met my. Behalwe vir die normale stresse wat ons almal maar saam met ons dra soos ‘n ou vrot kombers om ons lyf gaan dit regtig goed. Ek is besig om opnuut weer my God te leer…

Manlief score dalk vanaand

Ek is een van daai mense wat ‘n ding gebruik tot sy volle potensiaal en tot hy poegaai moeg is om te gebruik en ver verby sy expiry date. So beland my brille ver verby hulle expiry date en poegaai moeg. Ek kan nie meer lekker sien nie.  Hulle is so gekrap dat ek die…

Ek die spook

Vanaand was ‘n trip down memory lane. My ouers kuier bietjie by ons in die Kaap en so word daar toe nou klavier gespeel en my Dad speel mondfluitjie en ons almal sing te lekker saam aan Jou kombers en my Matras en ook nog Bobejaan klim die berg en sommer ‘n hele paar ou…

‘n Gevreesde werklikheid

Soos gewoonlik as ek niks het om te doen nie….en dit is my min beskore. Gaan blaai ek so bietjie op FaceBook en lees bietjie oor almal se sages. Dis natuurlik die een se ou wat weer ‘n vark is of daai een wat se kind goed doen op skool. Of lekker vakansies oor see…

Malles en Geeste

Heng ek kan nie glo dis so lank terug wat ek hier geskryf het nie. Kan dit wees dat my diere kind al so lank terug oor die reenboog geloop het. Tyd behandel ons mense darem maar flippen onregverdig. My hart was seer. Bitter seer. Die eerste oggend na hy nie meer daar was nie….

Hoe switch ek my hartjie af?

Hoe de flip switch ek my hartjie af? Hoe hou ek my stomp vir dit wat my so so seer maak? Blerrie hel dis moeilik. Ons het Maandag baie slegte nuus gekry oor ons Honde-kind. Die wond wat ek gedink het is ‘n wond is toe kanker. Ek het probeer dokter maar toe die plek…

Moeg©

Verwronge loer sy deur haar oë die pyn verdring haar kop haar lyf geboeë Gemengde vorms misvormde lyne kleure van duister laat haar woordloos fluister Dans in die walms van toxic overdose onstabiele aarde kosyne wat beweeg hou vas teen wankelende mure voete wat sleep vingers vol sweet As sy maar net ‘n gun gehad…

My horlosie op FLAKKA

Ek het al voorheen hier in my blog genoem van die groepie wat ek by my Bokkie-kind se skool begin het. Dis ‘n groepie wat minderbevooregte kinders help om ook met trots hul skool werk te kan doen en skool toe te kan gaan. Om daai glimlaggies op daai kinders se gesiggies te sien as…

Skok is nie die regte woord nie

Vanoggend staan ek so bietjie bedonkerd op. En natuurlik voel dit nou weer of die hele wereld se sorge op my bree skouers lê. Tot ek ‘n whatsapp van my Tannie kry. Nou kyk. Ek moet julle net vertel van die verloop van hierdie whatsapp. Ongelukkig is ek ‘n sucker vir hierdie links wat jy…

Hael skade en die Winkel Pop

Ek was so bietjie lanklaas hier in my blog. Dalk is dit omdat my mal-kop-dink-brein so bietjie op geroes is  soos ‘n ou trekker wat vir jare in ‘n ou vervalle skuur gestaan het. En dalk net dalk moet ek maar so bietjie petrol in gooi om die ou trekkertjie aan die gang te kry….

Our memory©

5 January 2018 I can not give you the moon I can not awake the sun I can not tell the wind to calm I can not make the rain fall down I can not make you dream I can not light the stars I can not create your happiness I can not bring you…

Blog

I need to Blog… I need to Blog… I need to Blog… I seriously need to Blog

Kruisig my nou maar… maar dis ok

Kyk ek het nou vanaand sommer vir my gewip dat my sterre teen my agerkant van my kop geflappa het. Nee heng. Jy weet as mens trou is dit een van die mooiste dae van jou lewe. Die ou bruitjie met haar beautiful rok en die handsome Bruidegom mooi getooi in sy suit. En alles…

Ek en die zip

Vanaand het ek besef…Om oud te wees is soms nie SO ‘n goeie ding nie. Nee flip weet.Daar is nou maar net sekere dinge wat jy nie doen as jy oud is nie. Soos winkel toe gaan wanneer dit Black Friday is of Edgars se red hanger sale.Soos om met jou tiener-man-kind te probeer stoeie…

‘n Baie Interresante Week

Kyk so van ‘n deurmekaar tyd in my lewe het ek lanklaas gehad. Saterdag 4 November kry ons die tyding dat my dierbare Ouma na haar Hemelse woning is. Ek lek so uit my oë dat my Bokkie-kind vir my kom sê “Mamma alles gaan okay wees. Mamma sal sien. Ouma is nou in ‘n…

My Buurman is reg…alweer

Ek dink erens tussen die opgewondenheid om my Buurman se storie in te vat en life what happened het ek my dink en skryf verloor. Ek is seker dit sit daar op een van die takke in die boom voor daai moewiese gebou. Ek het nou al gedink om op my bike te klim en…

Mooi woorde oor drome

Dreams is there to satisfy the need for someone. You can only but dream if you know it’s only a dream. And no one can stop you from dreaming. Dis ‘n diep binne-jou-hart gebeurtenis. Sometimes dreams becomes a moment of great reality which is so awesome its hard to explain. But only sometimes. It makes…

Ek bloos bloedrooi!

So van ‘n verleentheid dink ek nie het ek ooit in my lewe ge-had nie. Ons het bouers wat besig is om ‘n hele gedeelte van die huis se dak te vervang.  Hier in die Kaap vertrou mens nogals so ons het vir die man n remote gegee van ons hek. Dus is ek tenvolle…

My Epic Vlogger fail

Ek het lanklaas in my lewe so verlee gevoel en glo my ek wou sommer saam met die miere in die grond in verdwyn. Ons het al gehoor van die dame wat perongeluk ‘n baie intieme foto wat vir haar man bedoel was op ‘n skool groep gepost het….. en so is ek seker dat van…

Koel / Cool

So rukkie terug het ek ‘n blog gedoen oor die woord Koel / Cool in ‘n afrikaanse gedig. Wel ek het gesê dat ek die gediggie sal deel sodra my Bokkie-kind dit voorgedra het. Nou moet ek net by sê…. sy het 90% gekry. En die eksaminator het vir my ‘n pluimpie gegee oor die…

‘n Swaar dag.

Vandag was vir my ‘n swaar dag. Een van daai wat jy net wens wil weg waai in die wind. Daar is dinge waaroor ek wonder wat my dink stomp maak. Dinge wat my soms laat wonder waar is my God? Ek sien daagliks stukkende seerkry weg gooi mense waarmee die lewe op gegee het….

Hoe?

Hoe doen ek dit? Hoe maak ek sense uit woorde wat uit drome bestaan en realiteite wat dit onmoontlik maak. Hoe dink ek as ek nie weet hoe om te dink nie Hoe besluit ek as my hart nie saam wil werk nie. Waar kry ek die antwoorde as my harts-ore nie wil hoor nie…

Ek en die Automatic

Was dit nou vir jou ‘n ding. Nee heng ek het lanklaas so in my lewe gepanic. My Moederjie is siek soos in baie siek. So land sy in ICU op so siek was sy. Ek besluit om op ‘n vliegtuig te klim en JHB toe vlieg. want ek moet kom help. My ou Dad…

Cool / Koel

Goed ek dink ek is nou onder beheer wat dit betref of Cool/koel aanvaarbaar is. Ek het nogal goeie antwoorde gekry. En deel dit graag hier met julle.  Julle sal dit in die comments ook kry van my blog.  Hierdie is net so gedeeltes. Alleman het gesê ek moet skryf soos ek wil en nie…

Ek het raad nodig asb.

Ek sit met my hande in my hare. En my kop is nou al platter as ‘n pan gedink. My vingers is al seer gesoek op Google. EN nou kom vra ek maar hier raad. Julle almal weet ek skryf soos ek dink. Suiwer Afrikaans werk nie vir my nie. Al is ek baie trots…

Skryf

My Buurman sê ek moet skryf…..  

Sommer net Ek

Me myself and I. Ek is ‘n vrou soos miljoene ander. Ek hou van mooi lyk maar fuff nie te veel nie. Soms as ek onthou dan cutex ek my toon naels ook. Maar net as dit somer is. EK hou van mooi gemaklike klere maar sal nie skuld maak om die toppie of broekie…

Beroepsvrou vs Huisvrou

Die vraag ‘Is jy ‘n beroepvrou of ‘n huisvrou?’  wat in Huisgenoot was het my baie laat dink. Op die oomblik is ek ‘n ‘Ek-weet-nie-vrou’. Ek werk halfdag dus het ek balans in my lewe en is daar darem so bietjie ‘sanity’ aan my kant. Ek het die huisvrou-ding gedoen en dit was lekker. Dit…

Einde

En so kom alle goeie dinge ook tot ‘n einde. 

Exciting tye

Hoe vinnig kan ‘n mens se lewe nie net verander nie. Een oomblik bly ek nog in Gauteng en die volgende vang ek vissies tussen die rotse by die see saam met my kinders. Een oomblik beplan ek nog om Kaap toe te trek en die volgende oomblik bly ek al ‘n jaar in die…

Veraad©

Vrae Wonder ‘n Omgedraaide komkommer Soek Dink Vrot vleis wat stink Val Praat ‘n Tonglose saad Sit Staan Vermufde veraad

Alleen

Ek staan en kyk oor die see Die gelag van die mense slaan soos bose vingers om my kop Waarna ek kyk weet ek nie Maar ek voel elke hartklop dawwerend in my ore Vrees verdoof my dink En ek wil vlug

Ek verstaan mans nie.

Nee regtig. Nou weet ek nie meer so mooi nie. Hoe de flip moet ek nou verstaan. Ek dog nog altyd Mans wil in beheer wees. Dat Mans se ego gevly moet word en geboost moet word. Ek dink ek sit die pot heel mis. Ek het verstaan dat dit mans se ego baie goed…

Jippie Mamma gaan ‘n baba kry!

So besluit ek en Manlief dat dit nou tyd is om ons huweliks beloftes te hernu. Ek moet net by sê ons is volgende maand 20 jaar getroud! Hoe ons dit reg gekry het om nog nie in die tronk vir poging tot moord toe gesluit te wees nie is net GENADE. Ek grap sommer….

Alles raak stil©

Ek kyk na die berg en ek sien die grootheid van Hom Ek sien die sonskyn en besef dat sonder Hom vergaan ons Ek sien die water en ek weet dis lewe en dood Ek voel die wind en ek weet daar is soms nood Ek voel my asem en ek weet dis Sy wasem…

Soeke na niks.

Ek soek tussen my blogs na iets. Maar ek weet nie wat nie. Ek sien tye van silly wees en dan is daar tye van seer Ek soek wat ek verloor het erens tussen nou en lank terug Ek probeer vind dit wat was Maar daar is net mooi niks. Niks woorde in my kop….