Ek kan maar…

Die oomblik toe ek myself kry waar ek met my kop op my arms lê, moedeloos, my wind uit my seile, opgee ‘n moontlikheid besef ek, ja besef ek ek kan net soveel en nie meer nie.

Ek is net ‘n mens. Ek het bloed wat deur my are pomp so ‘no special powers’.

Ek is vlees, Ek kry seer as ek my stamp of sny terwyl ‘n slaai maak.

Ek moet asem haal anders is ek ‘n dooie liggaam sonder wese. So ‘no Vampier immortality’

Ek moet eet anders gaan ek dood. So ‘no special diet’. In elk geval hou ek van eet.

Ek kan nie teen geboue op hardloop en mense red wat wil spring nie

Ek kan nie vinnig hardloop om te keer dat ‘n ongeluk nie gebeur nie.

Ek kan nie reën uit my hande laat kom om brande dood te maak nie.

Ek kan nie ‘n flippen USB stick reg maak wat gecorrupt het nie.

Al probeer ek hoe hard om my kinders te beskerm kan ek nie want ek is nie omnipresent nie.

Ek is nie super woman nie, Ek kan nie my voet stamp en ys maak soos Elsa nie.
Ek  kan nie deur mure kyk en sien wat my kinders aanvang op Youtube nie.

Ek is nie Jami Oliver nie. So kos maak is nie een van my sterk punte nie.

En ek besef. Dat ek maar op my arms kan lê. Net vir so rukkie.  Net tot die dink stil raak in my kop.

En dan lig ek my kop en trek my Super Mom klere aan.
Want my kinders dink ek is cool.
Hulle dink ek het ‘n groot reus se ring gesteel en toe jaag hy my en val ‘n groot gat in die aarde en dis waar Kimberly se gat vandaan kom.

Soms dink hulle my kos is lekker. Maar Pa sin bly maar beter.

My Super power is om hulle te laat lag met my stupid sê goed. My Tiener-man-kind skud gereeld sy kop en lag onderlangs.

My kinders love my self opgemaakte stories van Kwakkedee die stoute eendjie.

En as ek eers in die rondte draai en my stem soos Sarel Seemonster maak en hulle vertel om stoute dinge te doen soos om op die beddens te spring dan kraai lag hulle en kom draai gou vir Sarel Seemonster weer in die rondte want dan verander hy terug in Mamma.  Hoe hulle my dan probeer oortuig dat ek Sarel Seemonster raak as ek in die rondte draai. En natuurlik weet ek van niks

As ek klavier speel dan kom sing hulle saam.

Hulle glo nog die stories van feetjies en kaboutertjies wat ek hulle vertel. En hang aan my lippe as ek vir hul vertel ek het regtig egtig ‘n feetjie op my Ouma se vensterbank gesien. Sy was klein en fyn en het die mooiste haartjies gehaad.  En Ek het gehardloop om my Ouma te gaan roep. Maar toe ons terug kom was sy weg.

Hul luister as ek hulle vertel van Jesus en hoe lief Hy hulle het. En hoe spesiaal Hy hulle elkeen gemaak het.

Saam met my plant hul blommetjies en versorg diertjies.

En dan as ons klaar Bybel gelees en gebid het en hul raak met ‘n vrede volle gesiggie aan die slaap. Dan trek ek my Super Vrou klere aan.

En ek besef dat ek nie super powers nodig het nie. En dat ek maar soms kan op ‘n hopie sit en so bietjie op my arms le.

En dat ek nie alles hoef uit te sort nie. Want more is nog ‘n dag en dit wat ons nie vandag kan doen nie doen ons more.

Ek is wie ek is. Ek kan nie my verander om ‘n Wonder woman , ‘n Elsa, of ‘n Super girl te wees nie.  Maar ek kan raak soos ‘n Deborah wat die atmosfeer verander na beter of Ester wat opstaan vir haar geloof en volk,  Ek kan getrou wees soos Maria Magdelena en ek kan lief hê soos Rut.

Maar ek kan ook bietjie asem haal en bietjie voel ek kan nie meer nie. Want ek is net ‘n mens .

4 Comments Add yours

  1. Voorwaar ‘n ma duisend. Ek het nou so lekker gelees.

    Liked by 1 person

    1. Baie dankie. Ek waardeer jou in loer. Ek is voorwaar geseend al Wil ek soms op Job se hoop sit.

      Liked by 1 person

  2. Ansie sê:

    Jou woorde spreek tot ‘n mens

    Liked by 1 person

    1. Dankie vir die in loer Ansie. Ek waardeer.

      Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s