Ek soek jou©


Ek soek jou in die verganklikheid van my drome
In die opstaan van my oggend
In die kronkelpad na my huis toe
In die skyn van die Maan se laaste lag

Ek soek jou tussen die posts op Facebook
Tussen die fotos op Instagram
Tussen die chaos in my Whatsapp history
Tussen die videos op Youtube

Ek soek
Ek roep
Vra
Smeek en hoop

Maar jou asem is stil in die holte waar my kop rus
Jou stem vergete in ‘n Verlore eggo
Soos Reën Wat verdwyn in die dorre aarde
Loop die Onthou van jou tussen die krake

Waar is jy?

1 Comments Add yours

  1. Heng, Jy verbaas my elke keer. Baie goed.

    Like

Lewer kommentaar