Chaos

Dit is chaos op die oomblik in my lewe.   
Ek wonder soms hoekom nou... waarom.... wanneer gaan dit ophou... wanneer gaan dit stop. Crazytyd maltyd

Ek weet almal gaan nou mal oor die corona virus en dat daar soveel stres is maar wragtig weet ons gaan deur 'n paranoia virus wat ons brein so beïnvloed dat ons nie kan verder dink nie ons kan nie normaal dink nie ons kan nie funksioneer nie want alles is net panic panic panic.

En ek sit met 2 dogtertjies 7 jarige en tienjarige wat opgestres is omdat mamma die heeltyd op whatsapp en op facebook is en die nuus dophou oor wat hierdie virus in die land aanvang.

Want Ek moet op hoogte Bly, ek moet weet wat aangaan sodat ek kan voorsorg tref vir my kinders en te midde van hierdie stresvolle tyd is my man in Port Elizabeth en ek verstaan hy moet daar werk ek verstaan dit is hoe die lewe moet wees.... ek verstaan dit is die situasie wat hy nou in is maar wragtig weet ek cope nie
Ek cope nie met almal wat om my kop zoem nie ek cope nie met kinders wat vrae vra nie ek cope nie met paranoia by die werk en op straat en in die winkel nie
Ek gaan om kos te koop en die rakke is leeg niks brood nie niks..
en ek is bekommerd oor kinders wat nie kos gaan hê nie.
Kinders wat by skole 'n toebroodjie gekry het wat hulle enigste kos was vir die dag! Wat gaan van hulle word WAT GAAN VAN HULLE WORD.
Ek weet nie... ek verstaan nie.


Manlief werk baie hard om klaar te kry sodat hulle betyds terug kan wees voordat lock down gebeur. En hy is moeg sy lyf is seer en ek verstaan dit en aan die anderkant is ek daar en ek is moeg ek is opgestres Ek het 'n voet wat seer is ek het 'n kop wat nie meer wil dink nie.

Hoe support twee stukkende mense mekaar? Opgestresde mense mekaar ek vra julle wie compromise of wie gaan nou die een wees wat hulle gevoelens laat terug staan en fokus op die ander een se gevoelens as altwee moeg is
Ek kan nie wag dat manlief by die huis kom nie net om bietjie oor te gee net om bietjie te kan asem haal en net om bietjie te refuel en manlief kan nie wag om huis toe te kom nie net om bietjie te ontspan net 'n bietjie asem te haal...

HOE DOEN ONS DIT.

My 10jarige dogter het my geleer dat 'n mens as jy stres jou immuunstelsel verswak. En sy reken Mamma moet nie stress nie want Dan gaan Mamma maklik corona kry.

Ja my Kind. Jou Ma sal ophou stress

Maar die wyse wipneusie kind het my ook geleer van n oulike knoppie op my foon se keyboard Wat Ek druk en dan Kan Ek praat en hy tik vir my.

Iets nuuts... Ek het hierdie hele gedeelte gepraat.

Dalk moet Ek dinge saam my kids doen.
Weer begin lag
Weer begin in my tuin werk
En weer begin die mooi sien in elke dag.

Maar vir nou is Ek emosioneel moeg.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s