Laaste Paragraaf©

Jou papier dun vlees
Verkrummel stukkie vir stukkie
Voor my

Die holtes om jou oë verdiep
Die Vensters van jou siel
Verdof

Jou benerige vingers
Sluit om my pols
Vir vas Hou plek
Vir optrek plek
Vir daar wees plek

Ek lê jou neer
Hou jou vas
Tel jou brose liggaam op
Verskuif jou wentelbaan

Saam jou loop Ek die laaste paragraaf
Van jou vol
Merkwaardige
oorwinde
lewenspad

Jou storie
Jou begin
Jou einde

1 November 2020

One Comment Add yours

  1. Baie goed geskryf Natasja. Kan sien en voel hoe jy die laaste stuk van die pad saam gestap het.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s