My verdomde kruis

En as ek sê verdomde kruis het dit niks te doen met die Kruis waarop my Heer gesterf het nie. Maar MY kruis, MY aardse kruis, MY curse, My suffering

Okay, so op ‘n ligter noot dis hoe my oggend begin het.

Deur amper Koffie in my Pap te gooi vir suiker
Deur in die Reën ‘n hans Hoender kind te soek sodat sy in die huis kan kom.
So twee weke terug het hans hoender kind nat gereen en ek kry my Bokkie kind haar droog blaas met ‘n haardroeër. Say no more. En Kiep Kiep sit so ewe en draai die nek die kant to en dan daai kant toe en koes nie eers vir die ding wat so blaas nie.

Moet net by sê hierdie is die Hans hoender kind wat elke tweede dag ‘n eier in my huis kom lê. So ons het nie Free Range eiers nie maar Free House eiers.

So lees ek vanoggend ‘n artikel op FaceBook en ek gaan nou gedeeltes leen by dit. En sommer ‘n paar gedeeltes by ander websites.

Hierdie is my kruis wat ek al vir die af gelope 16 jaar dra. Sjoe kan dit so lank wees.
Ek moes nou op my vingers tel om seker te maak ek het dit reg.

16 Jaar terug het ek Follicular Thyroid Cancer gehad. Moes twee keer gaan vir Radio aktiewe behandeling want dit het terug gekom.

Nou dis wat die slim mense sê van dit:

Follicular Thyroid Cancer
Follicular thyroid cancer is the second most common type of thyroid cancer, making up about 10 to up to 15% of all thyroid cancers. Follicular carcinoma (also called Follicular thyroid cancer) is called a “well differentiated” thyroid cancer like papillary thyroid cancer, but it is typically a bit more malignant (aggressive) than papillary cancer. Follicular thyroid cancer occurs in a slightly older age group than papillary thyroid cancer does and is also less common in children.

Ek was 28… gmf vir slightly older age group.

Distant spread may occur even if the cancer within the thyroid is small. Lung, bone, brain, liver, bladder, and skin are potential sites of distant spread.

Dus moes ek gereeld gaan vir toetse.

My hele Skildklier is uit gehaal… en ek was glad nie impress met die spesialis nie. Want sommer net daarna krimp al my klere. Ek het mooi vir hom gese ek is nie beindruk nie en hy kon maar net die twee gewasse af gehaal het en die skildklier gelos het. Maar nou ja. Uit moes die hele freaken ding uit.

Maar as gevolg van dit het ek ‘n kruis ontvang wat ek vir die res van my lewe moet dra.

Ek moet pille drink en as ek dit nie doen nie verander ek in ‘n Heks.

Maar al drink ek die pille spring my skildklier vlakke soos ‘n Perd op dagga tick, FLAKKA nog steeds tussen onder Onderaktief en ooraktief.

Hier is van die simptome vir boggenoemde, In rooi is wat ek deur gaan. En dit word vir my erger hoe ouer ek word.

•Senuweeagtigheid of vermoeidheid    ⇒ JIP
•Spierswakheid ⇒ JIP
•Gewigstoename of –verlies⇒ JIP 
•Belemmerde geheue funksie⇒ JIP
•Verandering in menstruele vloei⇒ ONS PRAAT NIE DAAROOR NIE
•Onvrugbaarheid of miskrame⇒ MISKRAAM JIP

hare dalk bros, grof en droog maak en maklik laat afbreek of kwaai uitval.⇒JIP
• hare wat aan die buitekante van die wenkbroue uitval.⇒JIP
• Jou vel kan grof, dik, en skubberig voorkom.⇒JIP
•Gevoelig vir koue⇒JIP
•Moegheid⇒JIP
•Depressie, Gemoed skommelinge, Angstigheid of paniekaanvalle en prikkelbaarheid⇒ BIG JIP

cropped-wp-1464810494718.png
•Stadige polsslag⇒JIP
•Vinnige polsslag, hartkloppens⇒JIP
•Swak geheue⇒JIP
•Konsentrasie probleme⇒JIP
•Spierpyne⇒JIP
•Ingewandsprobleme⇒JIP
Sweet en verhoogde liggaamstemperatuur⇒JIP
•Slaaploosheid⇒JIP
•Bewerigheid⇒JIP

ℹVir mediese doeleindes: Hierdie inligting is slegs vir opvoedkundige doeleindes en moet geensins gebruik word as behandelingsriglyn of vir self-diagnose nie. Besoek ten alle tye jou dokter vir raad en diagnose.
ℹVrywaring: Geen raad of advies moet as mediese diagnoses of voorskrifte vir medisyne beskou word nie, maar bloot as opinie van leke. Let asseblief daarop dat die gebruik van raad gegee, op eie risiko is. Admin kan nie verantwoordelik gehou word vir verlies of skade deur raad wat gegee of gebruik word nie.

Soms val ek met my hele alie in ‘n diep gat en ander kere sweef ek weer op die kleinste veertjie.
Soms gaan dit goed en soms gaan dit sleg.
My lewe het ‘n warboel van oppe en affe geword.
Die sleg ding van my kruis is…. my hartsmense verstaan nie altyd nie en soms verstaan ek ook nie en soms weet ek ook nie.
Ek sien dit in hulle oë. Ek panic gou en probeer alles onder beheer hou.
My lewe het op 28 totaal en al verander.

Ek fight so hard om dit nie te wys nie,  ek fight so hard om sterk te wees en ek fight so hard om nie swak te wees nie

‘n Baie goeie vriendin van my vra ek moet vir haar sê wat is cope vir my.
Dis wat ek vir haar stuur

Define Cope

Wat is cope.
Heng ek weet nie. Want duidelik kry ek dit nie reg nie.

Cope is die geklop in jou brein wat soos simbale teen ‘n klipmuur kap.
Dis die vat hier en los daar mentaliteit
Dis die Just get everything under control idee
Cope is die chaos in jou warboel van gedagtes met verantwoordelikhede wat soos bubbles om jou sweef
Cope is die swart jas wat jy aantrek as jou mure om jou begin val.
Jy dink jy kan cope maar cope is ‘n dwelm wat jou verswelg as jy dit alleen probeer doen.
Cope is om te probeer om op elke vlak almal happy te hou en te sorg dat almal uit gesort is.

Hoe cope ek,
Deur langs die see te gaan sit en te hoop die wind waai die sand teen my dink vas en skaaf aan my tot daar net ‘n gladde stuk hout le
Deur te skryf
Deur Klavier te speel. Klavier is my bubble moment waar ek weg raak in die melodie wat gevorm word onder my ongeleerde vingers.
Hoe cope ek nie
Deur in my kar te klim en n brug te gaan soek
Deur in die stort te sit en te kyk hoe my trane in die drein af spoel na ‘n donker gat waar daar geen hoop is nie
Deur net weg te raak.

Wat is cope regtig
Dis versonderstel om ‘n balans te wees tussen vlees en gees.
Dis wat ontwikkel as jy oor gaan in oorlog voering om almal te beskermcope

Ek is geseend in oorvloed. Ek is lief vir my Heer en ek is lief vir my hartsmense

Maar soms en soms meer as soms is ek nie lief vir myself nie.

Ek weet daar is baie daar buite wat die kruis dra. En ek weet daar is baie hartsmense wat nie verstaan nie en dink jy as mens is horrible.

Maar soms net soms moet hulle remind word waardeur jy gaan sodat hulle kan verstaan.

One Comment Add yours

  1. Dis goed om die kruis uit te skrywe vir mens selwers ook. Groete.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s