Hoe doen ek dit?

04:15 en ek lê nog steeds wakker.

My kop loop ‘n pad vol draai en klippe.

En ek stress!!!!!!!

Ek kan nie vir jul verduidelik hoe op geknoop is my derms nie.

Net-nou moet ek saam my Tiener-man-kind by ‘n hof gaan sit sodat hy kan getuig teen die 2 man’s wat hom laasjaar geroof het.

Dit voel vir my ek vat my Kind na die Leeu hok toe.

En ek gaan sit en kyk hoe hy verskeur word. 😭😭😭

En my gedagtes loop terug na baie lank terug toe ek net ‘n paar maande ouer as wat hy nou is was en ek in ‘n hof moes gaan getuig het.

En ek onthou hoe my vingers nie kon stil raak nie. Hoe dit styf in mekaar verstrengel was. Ek hoor nog my hart wat woes geklop het.

Want ek moes hom face.

Ek moes hom uit wys. Hom in dieselfde oë kyk wat my vir maande gehaunt het.

En more moet my Kind deur die selfde gaan. En ek kan niks doen nie.

Ek kan nie langs hom gaan staan en sê Al’s sal OK wees nie.

En ek besef dat ek so verstrengel was in my eie bekommernis Dat ek nooit besef het my Kind stress ook nie.

Dis hoekom hy gister so moeilik was. Hoekom sy kop so seer was.

En ek weet want dis hoe hy is voor :n stress volle situasie.

Nou nou moet ek op staan en ek moet sterk wees.

Twee van sy maats gaan ook getuig. En al drie hierdie seuns probeer man wees Maar tog is hul nog net seuns.

Hoe sit ek en kyk, hoe doen ek net niks.

Hoe keer ek myself om nie oor n bank te klim en ‘n prokureur te gaan bliksem as hy too much is nie.

Hoe?

Vertel julle vir my hoe?

3 Comments Add yours

  1. poerdez sê:

    Haal asem. Hou aan asem haal. Dis al.

    Liked by 1 person

  2. travel460 sê:

    Sterkte, Natasja, hierdie bly vir ons as ouers bitter moeilik.

    Liked by 1 person

  3. Gelukkig het dit darem goed afgeloop.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s