Jou Getuienis©

Ek luister na ‘n getuienis van iemand en ek wonder…

Wat is jou getuienis?
Daai een wat jou totaal en al van jou wentelbaan af gegooi het
Wat jou fatsoene in jou lewe gebring het
Jou kontoere verander het
Jou dink oorweldig het
Jou gedaante verlig het

Daai een wat die kyk in jou oë verander het
Die woorde oor jou lippe gestol het
Die een wat jou twee keer laat dink het
Jou laat glimlag het

Die getuienis wat jou heel gemaak het
Die seer gesond gemaak het
Jou lewend gemaak het
Jou vry gemaak het

Wat is jou getuienis?

1 Comments Add yours

Lewer kommentaar