Vanaand is ek alleen
Met gedagtes wat rond vladder
Soos blare in die Suid Ooster
Soos fyn sand korrels in die woestyn
Waar klein papawer blommetjies
Hul fyn stingeltjies styf moet hou
Om regop te staan
Koppie om hoog
Teen die woeste aan slag van die wind
Vladder stukkie vir stukkie
Onthou oomblikke
Vergeet oomblikke
Wil hê oomblikke
Teen die stam van die uitgedroogte gras halm
En dit draai al om die ou bloekom boom
Verdwyn in die growwe donker bas
En dans in die ringe van sy jare
Op ‘n onhoorbare drakoniese melodie
Waar alleen wees ‘n normaal word
Want dis dan wat die seer stil raak
En sagte ritmiese reën jou toe vou
Die grond deurnat en mos jou toe groei
Skielik groei daar ‘n herrinering
Dit vorm die mooiste oksalis blom
En die helder rooi herinner jou
Aan Sy bloed
Dis dan wanneer warrelwind gedagtes neerbuig
Dit vorm ‘n blomme krans van dankbaarheid
Omring jou met die helder kleur
Van die Namakwaland blomme
En jou vladderende gedagtes
Raak stil
Jy is goed ne?
LikeLike