EK SOEK JOU ©

Ek soek jou in die skadu van die wilgerboom
Waar jy sweef in ‘n nostalgiese droom
Van kleure en fatsoene

Daar waar jou voete deur die veld blommetjies trap
En die reuk van gekneusde gras jou aura omring
‘n Blom in jou hare

Ek soek jou in die geur van die perske boom
Waar jy deur die boord stap
Jou hande reikend na die geel vrug
Smagtend na die soet sap

Daar waar jou voete in die sand dolwe
En golwe patroontjies maak in die fyn sand
Daar tussen die rotse in die diep holtes van die poele

Maar jy is weg
Jou dink het stil gaan staan voor die skerm op jou tafel
Verot tussen die papiere vol nuttelose verwagting

Verlore tyd op jou vingers
Hulle tyd
Nie jou tyd nie

Jy is weg
Vermom met ‘n glimlag staan jy op
Verwarde verlate emosies
En jy hou op leef
En ek kyk in die spieël en besef
Ek
Ken
Jou
Nie
Meer
Nie

Ek soek jou.

1 Comments Add yours

  1. Mooi. Met baie gevoel in die woorde.Vol emosies.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar