Mantel ©

Soos ‘n swerm spreeus
Kom hang jy om my
Verniel my dink
Smoor my asem

Stadig soos ‘n draperende gordyn
Vorm jou grys lyne om my lyf
Lokkend lyk die voue
Soos golwe in die see

Ek voel die hitte deur jou slaan
My gedagtes ‘n crazy wentelbaan
Die wind waai jou stywer
Teen my uitgeteerde geraamte

Asem …
Ek kort asem
Jou uitmergelende vingervoue
Gevormed om my kontoere
Druk die laaste bietjie hoop

En dit raak stil.

One Comment Add yours

  1. Baie goed Natasja….hmmmm….

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s