Die Lig van my Heer©

Ek raak sommer nostalgies die tyd van die jaar. En dan begin die pen dans….

Stilte daal neer oor die veld
die skape weet iets heiligs gaan gebeur.
My hartklop dawer in my ore
Tot die krieke verstil hul stem.

‘n Kalmte daal neer oor die land
Ek hou my asem op want ek voel,
Iets groots gaan kom

Ek sien die lig van ver af
Hoog vanuit die hemel troon
My oë vernou en ek loer
Ek is seker ek staan en droom

Te skerp om na te kyk.
Ek soek na iets om my te steun
Vrede daal neer oor die hemelryk
In eerbied sak die skape neer

Stadig kom Hy nader
Die Lig te skerp vir my oë
My kniee gee mee
en ek buig my hoof.

Lig op jou kop my Kind. Ek is Jou Heer
My lig wil ek vir jou gee
Vat My hand en stap saam met My
Tot daar ver by die see

My Heer My Heer U is te groot
U lig verblind my oë
Plant dit in my hart O Heer
Sodat ek dit vir mense kan gee

Ek maak my oë oop en die stilte daal neer
Ek besef My Heer het gegee
My hart jubel die trane loop
Die lig van my Heer

2 Comments Add yours

  1. Ek blaai deur die emails en kom op hierdie af. Nog nooit gesien. Mooi.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s