En ek kan nie sit nie.

Dis 02:20 en ek slaap in die sitkamer op die bank. Die ene wat so mooi colourfull is.

Nie omdat ek wil nie maar omdat daar twee skoppende bokkies in my bed lê.

Ek en Manlief is volgende maand 22 jaar getroud en hy slaap in ‘n bed vol Beertjies en mermaids…. Nie omdat hy wil nie maar omdat daar nie plek in sy eie bed is nie.

Sien hierdie Mamma ontdek Mos Sondag oggend ook weer na 02:00 (dis my wakker lê-dink-aan-nonsens-tyd) dat ek n metamorfose verandering gehad het en lyk soos n luiperd vol kolle.

En kolle raak meer en groter deur die dag.

Ek besef dis een of ander alergie en besluit om dit net uit te ease. Maar die flippen probleem is. Die grootste kolle is daar op my dierbare duidelik sitvlak, net mooi daar waar die sit plek is.

Manlief verloor punte deur te sê…. Nou kan jy staan en skottelgoed was…

Kinders wil my nie drukkies gee nie hul bang ek steek hul aan.

Toe die kolle in my gesig begin besluit ek no ways.. Ek kan al reeds nie sit nie ek gaan nie dat my gesig ook so lyk nie.

Laat middag land ek toe op in Ongevalle met n drip,

Natuurlik gehoop so ou Sexy Dr met ‘n six pack kom gee my so bietjie TLC.

Urgh

Ek kry toe so oulike Doktertjie met die naam Elsa wat natuurlik my Bokkie kind op n Frozen trip laat gaan. En daar moet ek lê op my sy want ek kan nie die sitvlak afwaarts keer nie en luister na Let it go, let it go blah blah blah.

Ken ons nie daai song al uit ons koppe nie.

My Tiener-man-kind sè mens sing daai song as jy op die toilet sit. Daar corrupt hy my hele prentjie van Elsa in haar mooi rok na ‘n prentjie van’ n toilet toe.

Wel terug kom na my bed toe…. My dierbare oulike twee Poplappies het besluit nou kan hul weer aan Mamma vat en dat hul my moet oppas. Dus die rede vir my wat op die ou end in die sitkamer op my mooi kleurvolle bank moet slaap en Manlief in hulle Beertjie-mermaid bed moet slaap.

Maar ek besef toe nou een ding vandag en dit was vir my erg.

Ek, ja EK Natasja Franzsen kan nie sonder drukkies nie. Ek kan nie sonder Liefde nie.

Ek kan nie sonder vuil voetjies-chocolate-bekkies-speelende kinders op my skoot nie.

Ek kan nie sonder Manlief se drukkies nie (moet net by sê hy was net so versigtig on aan my te raak)

Natuurlik het my Tiener-man-kind nie geworry nie… Want wat n bargain as hy aan steek…. dan hoef hy nie skool toe nie.

My hart gaan uit na mense wat nie Liefde en omgee ervaar nie. Wat nie daai kinder drukkie kan voel nie.

Wat nie daai chocolate bekkie soentjies kry nie.

Vandag was vir my n moeilike dag.

Nou gaan ek slaap.

Ps. Dokter het vir Manlief gese ek mag nooit ooit weer kook nie. En dit voor my getuies🤣🤣🤣

2 Comments Add yours

  1. Voel gou beter, kuber drukkie!

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s