Abstrak Uniek©

Ek voel jou
Deur die warboel van jou kontoere
Die chaos van rooi en blou
Vernou
Verteer
Sonder asem

Ek reik uit na die siraad van jou stomheid
Soek rigting in jou verpletterde kompas
Jou gesig onvoltooid
Oorvleul met wanhopige drome

Maar jy is ‘n abstrakte kuns
‘n Visuele taal van vorm en kleur
‘n onrealistiese skepping
Vervulling vir ‘n soekende hart

Onreelmatige lyne
Gevul met verwarrende kleure
Dansend op ‘n vuurige melodie
Vind jy ‘n bietjie genade

Jy
Is
Uniek

19Januarie 2021

1 Comments Add yours

Lewer kommentaar